Markverslag midde in COVID-19 grendeltyd

14 Mei 2020

VERSLAG TYDPERK 24 Julie 2019 (Hoogste punt afgelope jaar) tot 14 Mei 2020

Covid-19 had wereldwyd ‘n dramatiese invloed op ons belegging opbrengs gehad. Nie dat ons vantevore van goeie groei syfers kon praat nie. Ek sal later weer hierna verwys. Verlede tyd!
Van die fondse waarin u kapitaal belê is, het selfs beter gedoen oor die bogenoemde tydperk.
Die onderste draaipunt van die grafiek was op 25 Maart 2020.

Sou ons terug kyk sal ons sien dat ons ekonomie al vir ons dalende opbrengs syfers veroorsaak het sedert Januarie 2019. Sou ons egter net die afgelope 12maande tydperk bekyk lyk die opbrengskoerse as volg:

24/07/2019 25/03/2020 14/05/2020
Liberty Bonds Fund+3.39-13.4+5.64
Liberty Unlisted Property+1.14+5.25+6.05
Liberty Listed Property+0.86-52.09-46.01
Coronation Balanced Plus+0.87-15.75-2.25
Coronation Property Equity+0.21-51.08-51.33

Soos u hierbo kan sien was die daling erg maar die herstel baie vinnig. Die slim ontleders beweer dat die daling asook herstel die vinnigste in die geskiedenis was. Die Genoteerde(Gelyste) Eiendom Fondse wil egter nog glad nie kop optel nie!!!

Vir die maandelikse bydraers is hierdie wonderlike nuus! ‘n Belegger koop baie goedkoop eenhede in sy/haar belegging teen die verminderde prys. Dit maak dat jou belegging vinniger groei tydens hersteltyd soos nou.

Soos u kan agterkom is goeie nuus hier en is ons beurs daagliks besig om opwaarts te beur. Dit is goeie nuus vir ons!

Bly veilig en gesond!

< Terug

Contact us

Office Manager: Anna Hattingh
Email: admin@johannmeyer.co.za
Phone: 012 653 6577
Fax: 012 653 6577

Location

Wierde park
0149

© 2017 Johann Meyer
Financial Adviser CC.
An Authorised Financial
Services Provider (FSP) 10648